Slegs Gr 6 leerders mag verkies word (daaropvolgende jaar in Gr 7).
30 – 40 Leiers word verkies (15 – 20 seuns en 15 – 20 dogters), waaruit die 4 hoofleiers gekies word.
Die proses neem tydens die veldskool in aanvang.
Verkiesing vind plaas in skooltyd tydens die voorgeskrewe periode soos bepaal deur die skoolhoof.
Almal stem gelyk op ‘n gegewe tyd sodat besprekings deur leerders en personeel verhoed word.
Elke kind/personeellid mag vir die vooraf bepaalde hoeveelheid dogters en seuns, wat nie die vasgestelde getal oorskry nie, stem.
Die gedragseienskappe (55%) en veldskool-evaluasie (15%) word gebruik om die kortlys saam te stel.
Nadat die personeel en leerders gestem het, sal daar ‘n kortlys saamgestel word, bestaande uit 30 dogters en 30 seuns en hierdie leerders sal dan bepunt word.
Die skool aktiwiteite en deelname (30%, veldskool uitgesluit) word gebruik om die name op kortlys te prioritiseer tot die top 15 – 20 dogters en 15 – 20 seuns.
Die leiervoogde hanteer die verwerking van die inligting op ‘n vertroulike wyse.
Die verwerkte inligting word deur die verkiesingskomitee gekontroleer.
Die eerste 15 – 20 kandidate (seuns en dogters apart) op die kortlys word dan tot leiers verkies en deur die hoof bekragtig. Geen bespreking vind plaas nie.
Uit die leiersgroep word 4 hoofleiers (hoofseun en –dogter, asook onderhoofseun en -dogter aangewys).