- Slegs Gr 6 leerders mag verkies word (daaropvolgende jaar in Gr 7).
- 30 – 40 Leiers word verkies (15 – 20 seuns en 15 – 20 dogters), waaruit die 4 hoofleiers gekies word.
- Die proses neem tydens die veldskool in aanvang.
- Verkiesing vind plaas in skooltyd tydens die voorgeskrewe periode soos bepaal deur die skoolhoof.
- Almal stem gelyk op ‘n gegewe tyd sodat besprekings deur leerders en personeel verhoed word.
- Elke kind/personeellid mag vir die vooraf bepaalde hoeveelheid dogters en seuns, wat nie die vasgestelde getal oorskry nie, stem.
- Die gedragseienskappe (55%) en veldskool-evaluasie (15%) word gebruik om die kortlys saam te stel.
- Nadat die personeel en leerders gestem het, sal daar ‘n kortlys saamgestel word, bestaande uit 30 dogters en 30 seuns en hierdie leerders sal dan bepunt word.
- Die skool aktiwiteite en deelname (30%, veldskool uitgesluit) word gebruik om die name op kortlys te prioritiseer tot die top 15 – 20 dogters en 15 – 20 seuns.
- Die leiervoogde hanteer die verwerking van die inligting op ‘n vertroulike wyse.
- Die verwerkte inligting word deur die verkiesingskomitee gekontroleer.
-
-
- Die eerste 15 – 20 kandidate (seuns en dogters apart) op die kortlys word dan tot leiers verkies en deur die hoof bekragtig. Geen bespreking vind plaas nie.
-
-
- Uit die leiersgroep word 4 hoofleiers (hoofseun en –dogter, asook onderhoofseun en -dogter aangewys).


